Warhol het ook as 'n kroegman verskyn in die musiekvideo Hello Again van die musiekgroep The Cars, asook in die musiekvideo vir "Misfit" van die groep Curiosity Killed The Cat.
Warhol is ernstig verwond in die aanval en het die fisiese gevolge daarvan vir die res van sy lewe ervaar aangesien hy 'n korset moes dra om hom te ondersteun.
In die middel van die sestigerjare het Warhol die musiekgroep, The Velvet Underground aangeneem en hulle 'n sleutelelement in die Exploding Plastic Inevitable-multimedia kunsfees gehad, wat Warhol tussen 1966 en 1967 aangebied het.
Tydens 'n terugblik het Warhol hierdie periode beskryf as baie belangrik in die ontwikkeling van sy persoonlikheid en in die vorming van sy vaardighede en voorkeure.
