In 1612, as gevolg van die omwenteling van die planeet en sy ringe was die vlak ringe direk na die Aarde geörienteer en het dit gelyk asof hulle verdwyn het.
Die ruimtetuig het ook die ringe bestudeer; tussen die ontdekkings was die dun F-ring en die feit dat die donker gapings tussen die ringe helder vertoon wanneer dit in die rigting van die son gesien word, met ander woorde, hulle het nie 'n gebrek aan materie nie.
Ander gapings ontstaan as gevolg van die resonansie tussen die wentelperiode van klein deeltjies in die gaping en dié van 'n groter maan wat verder weg is.
Die gewoonte het onstaan nadat John Herschel - die seun van William Herschel en ook die ontdekker van Mimas en Enceladus - dit voorgestel het in sy 1847 uitgawe van Results of Astronomical Observations made at the Cape of Good Hope, aangesien die Titane die broers en susters van Cronos was, die Griekse ekwivalent van die Romeinse god, Saturnus, na wie die planeet vernoem is.
