Een van die eerstes hiervan was die "Paleis van Lopende Water" (Palacio de las Aguas Corrientes) wat in 1877 in die Avenida Córdoba in die stadsbuurt Balvanera voltooi is en die bevolking van skoon drinkwater voorsien het nadat 'n uitbreek van geelkoors, 'n dodelike virussiekte, talle menselewens in San Telmo geëis het.
As al die voorstede in die omgewing ingereken word, is Gran Buenos Aires (Groter Buenos Aires) met 'n bevolking van 12,8 miljoen een van die megastede ter wêreld en die tweede grootste metropolitaanse gebied in Suid-Amerika na São Paulo.
Die groot Avenidas van Buenos Aires, soos die Avenidas Santa Fé, Córdoba en Corrientes, is in die dertigerjare gebou.
Argitekte het Beaux Arts- en Art Nouveau-geboue volgens die smaak van die tyd ontwerp wat van die Avenida de Mayo die kulturele sentrum met 'n polsende naglewe gemaak het.
Die belangrikste hiervan, Avenida de Mayo, is in 1893 voltooi, en was uiters geskik om as 'n soort roete vir regeringsoptogte gedien aangesien dit die Casa Rosada of Presidensiële Paleis aan sy oostelike einde met die nuwe Kongresgebou (Congreso) in die weste verbind het.
Aan die begin van die 20ste eeu het die bevolking gegroei tot meer as een miljoen porteños - soos die inwoners van Buenos Aires in hul eie land bekend staan.
