Saam met die besigheidsdistrik van Noord-Sydney wat aan die sentrale sakekern deur die bekende Harbour-brug verbind word, is die ander noemenswaardige besigheidsentra Parramatta in die suidweste, Chatswood in die noorde en Hurstville in die suide.
Sydney is geleë tussen die Stille Oseaan in die ooste en die Blue Mountains in die weste.
Die Olimpiese Stadion met 'n kapasiteit van 117 000 toeskouers is een van die hoogtepunte van die kompleks.
Die stad verskyn dikwels op ranglyste as een van die mooiste en mees leefbare stede in die wêreld.
Gedurende die eeu het Sydney steeds bly groei en die stad het teenswoordig 'n kosmopolitiese voorkoms as gevolg van die groot aantal verskillende kulture wat die stad binnegestroom het.
Die sentrale sakekern van Sydney strek suidwaarts vanaf Sydney Cove tot by die gebied rondom die Central-treinstasie.
Water in die Sydney opvangsgebied word hoofsaaklik gestoor in die Nepean opgaarskema, damme in die Blue Mountains, Woronora Dam, Warragamba Dam en die Shoalhaven opgaarskema.
