Op die ou wapen van Bordeaux, wat sy oorsprong in die tyd kort ná die Honderdjarige Oorlog het, versinnebeeld die lelies teen 'n blou agtergrond die Franse koning se wapen; die luiperd teen 'n rooi agtergrond verwys na die wapen van die provinsie Guyenne waarvan Bordeaux die hoofstad was; die kasteel simboliseer die torings van Bordeaux se ou raadsaal wat vroeër in die stad se kasteel gehuisves was en waarvan slegs die Grosse Cloche (die kloktoring) bewaar gebly het; die sekelmaan versinnebeeld die Garonne se kronkelende rivierloop, terwyl die rivierwater wat die raadsaal se torings omspoel na die belangrike rol verwys wat die stad in die seehandel speel.
Die Franse koning het in elk geval nie verseker gevoel van die burgers se lojaliteit en trou aan Frankryk nie en twee groot vestings laat oprig - die Château de la Trompette in die noorde en die Château du Hâ in die weste.
Reënval kom in Bordeaux die hele jaar deur voor, en met 'n jaarlikse gemiddelde van 891 millimeter se neerslae is die gebied een van die natste in die land.
