Die kommunistiese bewind het daarnaas onsinnige ekonomiese besluite geneem soos die stigting van groot veeboerderye in die dorp Tarnawa Niżna enkele honderd meter van die grens met Oekraïne af - en sodoende sonder toegang tot paaie en spoorweë.
Eers in Junie 1941 het Duitse troepe ná die aanval op die Sowjetunie die Sanrivier oorgesteek en begin om die plaaslike Joodse bevolking, wat in sommige dorpe die helfte van die inwoners verteenwoordig het, na konsentrasiekampe te deporteer.
Die belangrikste etniese groepe was die Wolosi, wat van die Balkanskiereiland afkomstig was, en die Rusini, 'n stam wat sy wortels in Roetenië gehad het.
Meestal waai droë suidelike winde en word die weer deur Atlantiese laedrukgebiede oorheers wat sneeuval in die winter en baie reën in die somermaande na die Bieszczady bring.
Die naam Bieszczad is verwant aan běščad/beščad, 'n term wat in die vorm Beščad(y) nog in Oos-Slowakye (byvoorbeeld as naam van die bergpiek Beščad) en as Bieszczady in Suid-Pole gebruiklik is.
Die eersgenoemde was die invloedrykste van die twee bewegings, maar het in die 19de eeu nogtans nie daarin geslaag om 'n selfstandige staat te stig nie.
