Katte het moontlik reeds in die laat Ystertydperk in Brittanje beland en het in die tyd van die ontdekkingstogte deur die res van die wêreld versprei toe hulle op seilbote aangehou is om knaagdiere te vang en as gelukbringers.
Weens ’n mutasie in ’n vroeë voorouer, is een van die twee gene wat vir die proe van soet smake verantwoordelik is by die kat afwesig.
Die vyfde klou aan die voorpote sit die naaste aan die middel van die poot.
Die verhouding tussen opregte en ander katte verskil van land tot land, maar in die algemeen is opregte katte minder as 10% van die totale getal.
Dit kan ook aan die pote van die meeste groot katte en honde gevind word.
Lede van die genus word wêreldwyd aangetref en sluit in die moeraskat (Felis chaus) van Suidoos-Asië, die Afrika-wildekat (Felis silvestris lybica), die Sjinese bergkat (Felis silvestris bieti) en die woestynkat (Felis margarita).
Anders as die meeste soogdiere beweeg katte die twee bene aan een kant van die lyf voor hulle die pote aan die ander kant beweeg.
Die eienaars en telers ding mee om te sien wie se katte die naaste aan die teelstandaard, of "ideale definisie", van die ras is.
Die mannetjie se penis het ’n band van 120–150 stekels van sowat 1 mm lank wat na agter wys en wanneer die penis ná die tyd uitgetrek word, skraap die stekels teen die wand van die wyfie se vagina, wat ’n teken is vir ovulasie.
