In die geval van meerlinge kan die aantal fetusse verminder word indien die moeder of die res van die fetusse se gesondheid bedreig word.
Die samesmelting van die twee kerns bring die totaal chromosome tot 46, die normale aantal chromosome vir 'n mens, en word 'n "sigoot" genoem.
Die begin van 'n bevalling (die barensnood) word gekenmerk deur sametrekkings van die baarmoeder en die breek van die vrugwatersak.
Die doel van die MCG is om die geelliggaam, of corpus luteum, te onderhou, wat weer op sy beurt progesteroon produseer, 'n hormoon wat belangrik is vir die ontwikkeling van die embrio.
Alhoewel outisme nie genees kan word nie, is daar verskeie behandelings waarmee sommige van die uitdagings van die gebrek verminder kan word.
Die sterkste spermselle bereik die eiersel en swerm dan in 'n sirkel om dit en probeer om daarmee te versmelt, deur deur die buitenste wand van die sel deur te dring.
Tydens die agtste week van swangerskap begin die naelstring funksioneer en die gesig word meer herkenbaar as dié van 'n mens.
