Generaal Von Trotha se redenering vir die gebruik van geweld is gebaseer op rasisme na aanleiding van die volgende uitspraak wat hy gemaak het: "My intieme kennis van baie Afrika-stamma (Bantoe en andere) van oraloor het my daarvan oortuig dat die Kaffer nie verdrae respekteer nie maar slegs brute krag."  Generaal Von Trotha het sy voorgestelde oplossing vir die opstande van die Herero's in 'n brief bekend gemaak voor die Slag van Waterberg tussen die Herero's en die Duitse weermag:  "Ek glo dat 'n volk soos hierdie uitgewis behoort te word of indien dit nie moontlik is deur taktiese maatstawwe nie, hulle van die land verdryf behoort te word ...
Soos wat die Herero's teruggeval het, het Jan Cloete wat opgetree het as 'n gids vir die Duitsers, gruweldade van die Duitsers aanskou en die volgende daaroor te sê gehad:  "Ek was daar toe die Herero's verslaan is in die omgewing van Waterberg.
Samesprekinge oor die moontlikheid van die oprigting en plasing van die Herero's in reservate was nog 'n aanduiding van die Duitse koloniste se sin van eienaarskap oor die land.
