Die bewerings is gebaseerd op 'n volgehou ondersoek van die beerbevolking in die Davis-seestraat deur Mitch Taylor, wat plaaslike Inuit-meldings van 'n groei in die beerbevolking van die area bevestig.
In Februarie 2005 het die omgewingsbewuste groep Center for Biological Diversity (Sentrum vir biologiese verskeidenheid), met ondersteuning van die Amerikaanse senator Joe Lieberman, 'n petisie opgestel en oorhandig aan die United Fish and Wildlife Service (FWS), om die Bedreigde spesies-wet te gebruik en die ysbere as 'n bedreigde spesie te verklaar.
Die vernietiging van sy habitat op die Arktiese ys bedreig die beer se oorlewing as 'n spesie: daar word geglo dat die ysbeer binne die volgende 100 jaar mag uitsterf.
