Die handelsbetrekkinge tussen Duitsland en Suid-Afrika het in die 1960's duidelik begin verstewig, en daar word verwag dat die bedrywighede van Duitse maatskappye as gevolg van die vryehandelsoorenkoms tussen die Europese Unie en Suid-Afrika in die toekoms nog duidelik sal toeneem.
Sowat 55 persent van die wêreld se chromietertsvoorrade is in die Bosveldkompleks (provinsies Mpumalanga en Limpopo) gekonsentreer, en tans word ook rofweg die helfte van die jaarlikse chromietertsproduksie in Suid-Afrika ontgin.
Die meeste Duitse beleggings is 'n regstreekse gevolg van die groeiende inheemse mark in Suid-Afrika, en Duitsland was een van min belangrike nywerheidslande wat sy RBB selfs tydens die periode van politieke en ekonomiese instabiliteit van die 1980's nog verhoog het, terwyl die meeste ander lande se multinasionale maatskappye pad gegee het in die destydse disinvesteringsveldtog.
Volgens die amptelike statistiese diens Statistieke SA het die Suid-Afrikaanse ekonomie in die vierde kwartaal van 2008 met 1,8 en in die eerste kwartaal van 2009 selfs met 6,4 persent gekrimp.
Volgens 'n ondersoek van SAITIS (1999) het in 1998 31 persent van Suid-Afrika se IT-bestuurders, 29 persent van die programmeerders en 23 persent van die stelselontleders die land verlaat.
