Die term Republiek van Ierland het gebruiklik geword, nadat die Wet van die Republiek van Ierland dit in 1949 as die amptelike benaming van die staat gedefinieer het.
Die nywerhede het die landbou as die belangrikste ekonomiese sektor vervang en lewer 46 persent van die bruto binnelandse produk en 80 persent van die uitvoere op.
Dit is gewoonlik die voorsitter van die party wat die meeste setels in die algemene verkiesing gewen het.
Die huidige koalisieregering word deur twee partye gevorm - Fianna Gael ("Familie van die Iere") onder die leiding van Taoiseach Enda Kenny en die Arbeidersparty onder die leiding van Tánaiste Eamon Gilmore.
Voor die vorming van die Republiek van Ierland was die eiland van Ierland opgedeel in 32 graafskappe (counties).
Die Oireachtas, die tweekamerparlement van Ierland, bestaan uit die Senaat (Iers: Seanad Éireann) en die Laerhuis (Dáil Éireann).
Engelse adellikes is uitgenooi om hulle in landelike gebiede van die eiland te vestig, en Mary Tudor en haar eggenoot Filips van Spanje het die sogenaamde Queen's and King's County in die huidige Laois en Offaly gestig.
