In 1925 het die Sint-Stanislauskatedraal die amptelike setel van die nuwe aartsbisdom Vilnius geword, terwyl die westelike gebiede van die voormalige bisdom Vilnius, wat Litaus gebly het, in die nuwe bisdom Kaišiadorys verenig is.
Toe die Kasimir-kerk ná die Pools-Litause Opstand in 1831 in 'n Ortodokse kerk omgeskep is, is die Rokoko-standbeelde van Litause grootvorste, heiliges en apostels in die nisse van die katedraal se buitemure verplaas.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is die kerk deur Duitse soldate geplunder, en ná die oorlog het sowel die Poolse asook die Litause Katolieke gemeentes van Vilnius aanspraak op die katedraal gemaak.
Die skildery in die middel oor die altaar is in 1797 deur Pranciškus Smuglevičius (Pools: Franciszek Smuglewicz) geskep en beeld die marteldood van Sint Stanislaus uit.
Die skilderye aan die altaar se kant ("Die voeding van die vyfduisend" en "Die offer van Melgisedek", 1785) is net soos die skildery ("Petrus doop die soldaat in die gevangenis", 1801) en die uitbeeldings van apostels tussen pilare in die middelskip (1785) deur Franciszek Smuglewicz geskep.
